Home. Letterland. Baby Toys. Toys. Crazy Clearance. Workbooks. Sticker books. Wipe Clean books. Let's Learn. Smart kids. Train your brain / Superfiks. Story books. Charater items. Afrikaans items. Stickers. Sand Art. WOW Toys. Sylvanian Families. Games. Stocking fillers. Flashcards/card games. Puzzles. Suczezz puzzles. SucZeZZ felt boards. Construction toys. Junior Tradesman. Crafts. For moms. Order. AGENTS. Agents needed. Contact us . Find an agent .

Like our page today to be the first to find out about our specials and end of range bargains

Contact Kidz Only.

Vaardighede-boeke vir Afrikaans Graad 1–3 - R55

In die Vaardighede-werkboeke vir Graad 1–3 val die klem op belangrike areas van die SA kurrikulum. Hierdie boeke in die Slimkoppe-reeks fokus op begripstoetse en handskrif. Baie kinders het hiermee ekstra hulp en oefening nodig.

 

Oefentoetse vir Graad 1–3 -R65

Elke kamma-toets is spesiaal vir die Slimkoppe-reeks opgestel en hersien deur knap SA onderwysers wat weet hoe om kinders se toetsuitslae te help verbeter.  

Die werkboeke berei kinders voor op die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA).

Die Slimkoppe-oefentoetse kan in die klaskamer gebruik word of tuis, as ’n hulpbron om kinders op die ware jakob voor te berei.

 

Die oefentoetsboeke vir Graad 1–3 bevat elk:

Vier Wiskundetoetse en vier Huistaaltoetse.

Vir elke vraag word al die nodige toeligting verskaf om kinders se antwoorde vinnig te assesseer.

 Aantekeninge verduidelik hoe om kinders se vordering te evalueer en probleemareas te identifiseer.

 

Slimkoppe Lees! - R75 elk

Die Slimkoppe-leesreeks is ontwikkel om kinders met selfvertroue te leer lees en vroeg al by hulle ’n liefde vir lees te laat posvat.

 

Die reeks is verdeel in vier vlakke, wat ooreenstem met die verskillende stadiums van leesontwikkeling by kinders. Die duidelik gestruktureerde versameling versterk leesvaardighede trapsgewys en help jong lesertjies hul woordeskat stelselmatig uitbrei.

 

Elke Slimkoppe-leesboek bevat vier boeiende stories wat die avonture van die jolige Slimkoppe-karakters volg.

In elke boek is daar notas vir ouers, ’n woordelys en aktiwiteite wat kinders die stories beter help verstaan.

 

Prentewoordeboek - R125

Die Slimkoppe-leesreeks sluit ’n volkleur-prentewoordeboek in, spesifiek vir Afrikaanse kinders saamgestel.

 Die lewendige illustrasies en opvoedkundige aktiwiteite laat jong woordeboekgebruikertjies soek-soek nuwe woorde ontdek.

 

Die woordeboek bestaan uit twee afdelings:

Die eerste deel van die Slimkoppe-prentewoordeboek beeld op groot dubbelbladsye alledaagse tonele uit met woordetikette wat pas by die temas. ’n Vraag boaan elke bladsy help kinders die prente en woorde met mekaar verbind. Tel- en syfervaardighede kry ook aandag.

Die tweede deel van die woordeboek bevat ’n alfabetiese lys van al die woorde in Deel 1.

 

Afrikaans-werkboeke vir Graad 4–6 - R110

Die taalwerkboeke vir Graad 4–6 is geskryf deur ervare SA onderwysers.

Elke boek volg die nuutste Suid-Afrikaanse (KABV-)kurrikulum en dek al die werk wat in die klaskamer behandel moet word.

Die aktiwiteite bly volkleur en pret, net soos in die vorige boeke in die reeks, maar die Slimkoppe-karakters is nou ouer, koeler en slimmer!

 

Vaardighede-boeke vir Afrikaans Graad 4–7 -

Begripstoets R55 Taal en spelling R80

Graad 4-6-begripstoetse fokus op spesifieke vaardighede en konsepte.

Die tekste is interessant, dek uiteenlopende temas en bied lees- en begripsoefeninge op verskillende moeilikheidsvlakke.

Wiskunde-werkboeke vir Graad 4–6 - R110

Die Wiskundewerkboeke vir Graad 4–6 is geskryf deur ervare SA onderwysers.

Elke boek volg die nuutste Suid-Afrikaanse (KABV-)kurrikulum en dek al die werk wat in die klaskamer aangepak moet word.

Die aktiwiteite bly volkleur en pret, net soos in die vorige boeke in die reeks, maar die Slimkoppe-karakters is nou ouer, koeler en slimmer!

Vaardighede-boeke vir Wiskunde Graad 4–6 - R60

Die berekeningswerkboeke vir Graad 4-6 fokus op spesifieke vaardighede en konsepte wat kinders in hierdie grade moet bemeester.

Hierdie werkboeke help kinders belangrike wiskundige vaardighede en konsepte, soos getalpatrone, datahantering, geometriese patrone, breuke en meer, onder die knie kry.

 

 

Oefentoetse vir Afrikaans in Graad 4–6 - R65

Kamma-toetse bied leerders in die Intermediêre Fase die kans om hul vaardighede in Afrikaans te oefen. Die oefentoetse is daarop gemik om assesseringsresultate te verbeter.

Die werkboeke berei kinders op die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) voor.

 

Die Slimkoppe-oefentoetse vir Afrikaans Huistaal:

Omvat drie afsonderlike werkboeke, vir Graad 4, Graad 5 en Graad 6.

Bied vier taaltoetse per boek, antwoordstelle ingesluit

Help probleemareas identifiseer, gebaseer op toetsuitslae.

Wiskunde-oefentoetse vir Graad 4–7 - R55

Hierdie oefentoetse gee leerders in die Intermediêre Fase se Wiskundevaardighede ’n hupstoot. Dit is daarop gemik om assesseringsresultate te verbeter.

Die werkboeke help kinders om die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) met groter gerustheid aan te durf.

 

Die Slimkoppe-oefentoetse vir Wiskunde:

Omvat drie afsonderlike werkboeke, vir Graad 4, Graad 5 en Graad 6.

Bied vier toetse per boek, antwoordstelle ingesluit.

Help probleemareas identifiseer, gebaseer op toetsresultate.

 

Afrikaans- en Wiskunde-werkboeke vir Graad 7 - R110

Die Slimkoppe-werkboeke vir Taal en Wiskunde in Graad 7 is eweneens deur ervare SA onderwysers geskryf. Leerkragte in die Slimkoppe-span verstaan die behoeftes van leerders in hierdie graad haarfyn.

Die boeke volg die nuutste Suid-Afrikaanse (KABV-)kurrikulum en dek al die werk wat in die klaskamer behandel moet word.

 Die aktiwiteite bly volkleur en pret, net soos in die vorige boeke in die reeks, maar die Slimkoppe-karakters is nou ouer en koeler, en hulle raak al hoe slimmer!

Afrikaans-werkboeke vir Graad 1–3 R125

Kinders weet: Slimkoppe-werkboeke maak leer pret!

 

Hierdie werkboeke:

• Bevat ’n bonte verskeidenheid illustrasies en plakkers.

• Prettige taal-, handskrif- en begripsaktiwiteite.

• Kattekwaad saam met die ondeunde Slimkoppe-span.

• Geleentheid vir kinders om kreatief te skryf.

 

Die boeke is met sorg gemaak vir leerders in Graad 1–3. Die skrywers is ervare SA onderwysers wat weet waarvan kinders hou en waaroor hulle graag lees en skryf.

 

Wiskunde-werkboeke vir Graad 1–3 - R125

Kinders wat Slimkoppe-werkboeke gebruik, leer in ’n japtrap!

 

Die Wiskunde-werkboeke:

Bevat illustrasies en plakkers in al die kleure van die reënboog.

Kreatiewe aktiwiteite wat kinders verstaan en wat vroeg-vroeg by hulle ’n liefde vir wiskunde aanwakker.

 Wemel van woelige Slimkoppe-karakters vol grappies en streke.

 

Elke Slimkoppe-boek is deur ervare SA onderwysers geskryf

Wiskunde Vaardighede vir Graad 1–3 - R55

Kinders wat Slimkoppe-werkboeke gebruik, leer in ’n japtrap!

 

Die Wiskunde-werkboeke:

Bevat illustrasies en plakkers in al die kleure van die reënboog.

Kreatiewe aktiwiteite wat kinders verstaan en wat vroeg-vroeg by hulle ’n liefde vir wiskunde aanwakker.

 Wemel van woelige Slimkoppe-karakters vol grappies en streke.

 

Elke Slimkoppe-boek is deur ervare SA onderwysers geskryf.

 

Afrikaans/ Wiskunde-werkboek vir Graad R - R125

Die Slimkoppe-werkboeke maak dit vir kinders lekker om te leer.

 

Die Afrikaans-werkboek vir Graad R:

Bevat ’n lieflike mengelmoes illustrasies en plakkers.

Bied kreatiewe handskrif- en begripsaktiwiteite aan.

Laat kinders lekkerkry saam met die op en wakker Slimkoppe-karakters.

 

Hierdie boek is spesifiek vir Graad R-leerders geskryf. Die skrywers is ervare SA onderwysers wat weet waarvan kinders hou en waaroor hulle graag lees en “skryf”.

 

 

Is ek reg vir skool? - R155

Hier is ’n waardevolle gids geskep deur ’n ervare span onderwysers, spraak- en taalterapeute, arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges.

Dit is ’n onontbeerlike hulpbron om seker te maak jou kind is vir die laerskool gereed.

 

Die Slimkoppe-gids tot skoolgereedheid sluit in:

Gedetailleerde notas, nuttige wenke en raad vir ouers.

Kleurryke aktiwiteite wat kinders geniet, terwyl dit ouers en versorgers in staat stel om te toets of hul kinders emosioneel, verstandelik en liggaamlik vir skool gereed is.

Raad oor hoe om vir jou kind die regte skool te kies.

Inligting oor verskillende soorte skole.

’n Lys van organisasies in Suid-Afrika wat aan ouers en kinders hulp en steun bied.

 

Doolhowe, Knip en plak - R55

Dit is noodsaaklik dat kinders fyn motoriese vaardighede en oog-hand-koördinasie ontwikkel voor hulle Graad R aandurf.

Hierdie twee boeke in die Slimkoppe-reeks bied aktiwiteite wat kinders hierdie vaardighede help verwerf.

Die Doolhowe-boek help oog-hand-koördinasie aan, terwyl Knip en plak kinders fyn motoriese vaardighede leer.

 

 

Ek is 3, 4 en 5 - R90

Die Slimkoppe­-boeke Ek is 3, Ek is 4 en Ek is 5 is geskryf deur Suid-Afrikaanse vroeëkinderontwikkeling-spesialiste. Die reeks help kleuters die vaardighede ontwikkel wat hulle nodig het vir skool toe gaan.

Kleuters vind gou aanklank by die lewendige Slimkoppe-karakters Ben, Mika, Sam en Emma. Dit sorg vir groot plesierigheid!

 

Elke boek in die reeks bevat:

Aktiwiteite om syfer-, letter- en lewensvaardighede te ontwikkel.

Kleurvolle plakkers en sertifikate, wat leer lekker maak.

Notas en wenke vir ouers.

Hope genotvolle aktiwiteite, onder meer stap vir stap instruksies vir handwerk.

 

 

Vaardighede: Skryf en skoonvee- R75

Wanneer kleuters vorms en kleure begin herken, en syfers en letters begin skryf, breek ’n opwindende tyd aan.

 

Die Skryf en skoonvee-boeke in die Vaardighede-reeks:

Help kinders speel-speel nuwe konsepte ontwikkel.

 Leer kinders op die regte manier teken en skryf, nes hulle in die “groot skool” moet.

Berus op die ervaring van praktiserende SA opvoedkundiges wat spesialiseer in vroeëkinderontwikkeling.

 

Smart kids - Slimkoppe

Make the Smart Choice for a Brilliant Future!

Children love learning with Smart-Kids. Bright illustrations, stickers, creative activities and fun-loving characters bring the South African English and Maths curriculum to life. Smart-Kids is written by experienced South African teachers and contains valuable notes, tips and answers for parents.

 

Such fun kids won’t even know they’re learning

 

Click here to find an agent near you!

Agents

Or contact Kidz Only on 083 453 4032 or admin@kidzonly.co.za